1. ’n Selfsugtige mens lewe net vir homself,hy hou nie van ware wysheid nie.
2. ’n Dwaas wil nie verstandig word nie,hy wil net sê wat hy self dink.
3. Iemand wat verkeerd doen, beledig mense oral waar hy kom,hy verneder hulle en hy laat hulle sleg voel.
4. Die dinge wat ’n mens sê,kan soos diep water wees,soos ’n waterstroom wat vinnig vloei,daar kan wysheid uitkom.
5. Dit is nie goed om te sê iemand wat skuldig is,is onskuldig nie,want dan sê jy die persoon wat onskuldig is,is skuldig.
6. ’n Dwaas wil altyd twis wanneer hy praat,hy kry straf oor wat hy sê.
7. Wanneer ’n dwaas praat,dan laat hy dit sleg gaan met homself,die dinge wat hy sê, is vir hom soos ’n vangstrikwat hom vang.
8. Skinderstories is soos lekkers,mense glo graag skinderstories.
9. Iemand wat nie sy werk goed doen nie,is soos iemand wat alles afbreek.