Spreuke 17:6-17 Bybel vir Almal (ABA)

6. Kleinkinders laat oumense soos konings voel,en kinders is trots op hulle ouers.

7. ’n Mens dink dat ’n dwaas nie mooi sal praat nie,’n mens dink ook dat ’n belangrike mens nie sal lieg nie.

8. Iemand wat presente gee sodat menseverkeerde dinge moet doen,dink die presente sal hom laat slaagoral waar hy gaan.

9. Iemand wat maak of hy nie sienwanneer iemand anders iets teen hom doen nie,is iemand wat lief is vir mense.Iemand wat vertel wat ander mense oor mekaar sê,laat vriende kwaad word vir mekaar.

10. ’n Verstandige mens luisterwanneer iemand met hom raas,maar ’n dwaas luister nie,hy luister ook nie wanneer hulle hom 100 maalmet ’n stok slaan nie.

11. ’n Slegte mens wil altyd opstandig wees,maar daar sal iemand kom wat hom wreed sal straf.

12. Dit is gevaarlik om naby ’n beer-wyfie te komwat kwaad is omdat haar kleintjies dood is,maar dit is slegter om ’n dwaas te ontmoetwat dom dinge doen.

13. Wanneer jy slegte dinge doen aan mensewat goed was vir jou,dan sal dit altyd sleg gaan met jou huisgesin.

14. Twis begin soos wanneer water begin lek,dit is beter dat jy ophou voordat die twis begin.

15. Die Here haat dit wanneer iemand sêdat ’n skuldige mens onskuldig is,en Hy haat dit wanneer iemand sêdat ’n onskuldige mens skuldig is.

16. ’n Dwaas het miskien geldom wysheid te koop.Sal dit hom help?Nee, want hy het nie verstand nie.

17. Jy kan altyd weet dat ’n vriend lief sal wees vir jouen dat ’n broer daar is om te helpwanneer dit sleg gaan met jou.

Spreuke 17