Spreuke 17:23-28 Bybel vir Almal (ABA)

23. ’n Mens wat verkeerd doen, neem geldwat iemand skelm vir hom gee,en dan oordeel hy nie reg nie.

24. ’n Verstandige mens dink hoe hy wysheid kan kry,maar ’n dwaas dink hoe hy die hele aarde kan kry.

25. Wanneer ouers ’n kind het wat ’n dwaas is,dan is hulle hartseer en teleurgesteld.

26. Dit is verkeerd wanneer ’n onskuldige persoonboete moet betaal,dit is ook verkeerd om ’n belangrike persoon te laat slaanwanneer hy eerlik is.

27. Iemand wat baie weet, praat nie baie nie,’n verstandige persoon word nie gou kwaad nie.

28. Mense dink iemand het wysheid wanneer hy nie praat nie,hulle dink hy is verstandig wanneer hy stilbly,hulle dink dit ook wanneer hy ’n dwaas is.

Spreuke 17