15. Die Here haat dit wanneer iemand sêdat ’n skuldige mens onskuldig is,en Hy haat dit wanneer iemand sêdat ’n onskuldige mens skuldig is.
16. ’n Dwaas het miskien geldom wysheid te koop.Sal dit hom help?Nee, want hy het nie verstand nie.
17. Jy kan altyd weet dat ’n vriend lief sal wees vir jouen dat ’n broer daar is om te helpwanneer dit sleg gaan met jou.
18. ’n Mens wat nie verstand het nie,sal borg staan en sê dat hy sy vriend se skuldsal betaal.
19. Iemand wat graag ander mense kwaad maak,hou van twis.Wanneer iemand dink dat hy beter is as ander mense,dan sal dit gou sleg gaan met hom.
20. Dit sal nie goed gaan met ’n mens wat vals is nie.As hy ander mense wil bedrieg,dan sal dit sleg gaan met hom.
21. ’n Mens is hartseer wanneer jou kind ’n dwaas is,jy het dan niks waaroor jy bly kan wees nie.
22. ’n Gelukkige mens is ook ’n gesonde mens,maar ’n mens wat moedeloos is, word siek.
23. ’n Mens wat verkeerd doen, neem geldwat iemand skelm vir hom gee,en dan oordeel hy nie reg nie.
24. ’n Verstandige mens dink hoe hy wysheid kan kry,maar ’n dwaas dink hoe hy die hele aarde kan kry.
25. Wanneer ouers ’n kind het wat ’n dwaas is,dan is hulle hartseer en teleurgesteld.
26. Dit is verkeerd wanneer ’n onskuldige persoonboete moet betaal,dit is ook verkeerd om ’n belangrike persoon te laat slaanwanneer hy eerlik is.
27. Iemand wat baie weet, praat nie baie nie,’n verstandige persoon word nie gou kwaad nie.
28. Mense dink iemand het wysheid wanneer hy nie praat nie,hulle dink hy is verstandig wanneer hy stilbly,hulle dink dit ook wanneer hy ’n dwaas is.