Spreuke 17:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dit is beter om net ’n droë stukkie kos te hêas om ’n huis vol vleis te hê waar die mense baklei.

2. ’n Verstandige slaaf sal regeer oor ’n seunwat niks reg doen nie.Die slaaf sal saam met daardie seun se broersdie pa se goed erf.

3. ’n Mens smelt silwer in ’n poten jy smelt goud in ’n oond,maar die Here toets mense se harte.

4. Iemand wat verkeerde dinge wil doen,luister na mense wat slegte dinge sê.Iemand wat leuens vertel,luister na mense wat alles wil verwoes.

5. Wanneer jy vir ’n arm mens lag,dan beledig jy vir Godwat die arm mens gemaak het.As jy bly is wanneer iemand anders swaarkry,dan sal die Here jou straf.

6. Kleinkinders laat oumense soos konings voel,en kinders is trots op hulle ouers.

7. ’n Mens dink dat ’n dwaas nie mooi sal praat nie,’n mens dink ook dat ’n belangrike mens nie sal lieg nie.

8. Iemand wat presente gee sodat menseverkeerde dinge moet doen,dink die presente sal hom laat slaagoral waar hy gaan.

Spreuke 17