Spreuke 16:20-33 Bybel vir Almal (ABA)

20. Dit sal goed gaan met iemand wat doenwat ’n mens vir hom leer,hy sal gelukkig wees as hy glo dat die Heresal doen wat Hy belowe het.

21. As iemand wysheid het,dan weet mense dat hy verstandig is.Sy woorde is soos heuning,ander mense leer graag van hom.

22. As iemand verstandig is,dan hou hy aan om te lewe,maar dwase kan vir ’n mensnet dom dinge leer.

23. Iemand wat wysheid het, praat verstandig,ander mense kan by hom leer.

24. Woorde wat lekker is om te hoor,is soos ’n heuningkoek,dit is soet en dit hou ’n mens gesond.

25. ’n Mens dink miskien dat hy reg lewe,maar dan bring dit hom later by die dood.

26. Wanneer ’n werker honger is, dan werk hy hard,sy honger jaag hom sodat hy kan eet.

27. ’n Slegte mens dink en praat net slegte dinge,alles wat hy sê, is soos ’n vuur wat brand.

28. Iemand wat ander mense wil bedrieg,laat mense twis,hy hou aan om te skinderen hy maak vriende kwaad vir mekaar.

29. Iemand wat ander mense altyd wil seermaaken doodmaak, bedrieg sy vrienden hy lei die vriend op ’n verkeerde pad.

30. Wanneer iemand sy oë knip vir jou,dan wil hy iemand bedrieg,wanneer hy niks sê nie, dan het hy klaar besluitom ’n verkeerde ding te doen.

31. Grys hare is soos ’n mooi kroon,’n mens lewe lank as jy reg lewe.

32. ’n Geduldige mens beteken meer as iemandwat goed oorlog kan maak,’n mens wat nie gou kwaad word nie, beteken meeras iemand wat ’n stad kan oorwin.

33. Mense kan probeer uitvind wat die regte ding isom te doen,maar dit is die Here wat besluit wat reg is.

Spreuke 16