Spreuke 16:11-21 Bybel vir Almal (ABA)

11. Die Here wil hê weegskale moet reg weeg,Hy self besluit hoe swaar die gewigte moet wees.

12. Konings haat dit wanneer mense verkeerd doen,want hulle weet dat hulle lank sal kan regeeras mense reg doen.

13. Konings wil hê dat mense die waarheid moet praat,hulle hou van eerlike getuies.

14. Wanneer die koning kwaad word vir jou,dan is jy naby jou dood.As jy wysheid het,dan sal jy probeer om die koning tevrede te hou.

15. Wanneer die koning vriendelik is,dan sal jy aanhou lewe,wanneer hy van jou hou,dan is dit vir jou soos die wolkewat reën bring in die lente.

16. Dit is beter om wysheid te kry as om goud te kry,dit is beter om verstandig te weesas om silwer te wil hê.

17. Eerlike mense loop op ’n padwaar dit nie sleg gaan met hulle nie.As hulle op daardie pad bly,dan hou hulle aan om te lewe.

18. Wanneer iemand hoogmoedig is,dan sal dit gou sleg gaan met hom,wanneer hy dink dat hy beter isas ander mense, dan sal hy gou val.

19. Dit is beter om nederig te weessaam met die mensewat hulleself nie kan beskerm nie,beter as om ander mense se goed te vaten dan saam met hoogmoedige mense te lewe.

20. Dit sal goed gaan met iemand wat doenwat ’n mens vir hom leer,hy sal gelukkig wees as hy glo dat die Heresal doen wat Hy belowe het.

21. As iemand wysheid het,dan weet mense dat hy verstandig is.Sy woorde is soos heuning,ander mense leer graag van hom.

Spreuke 16