Spreuke 14:12-19 Bybel vir Almal (ABA)

12. Iemand kan dink dat hy reg lewe,maar die manier hoe hy lewe, bring hom by die dood.

13. ’n Mens kan lag, ook wanneer hy hartseer is,maar hy kan ook eers bly wees en dan later huil en treur.

14. Iemand wat verkeerd lewe,sal die straf kry wat hy moet kry,maar ’n goeie mens sal meer kry as wat hy moet kry.

15. Mense wat baie min weet, glo enige iets,’n slim mens dink goed voordat hy iets doen.

16. ’n Wyse mens is bang vir die dinge wat kan gebeur,en hy doen niks wat dit sleg sal laat gaan met hom nie.’n Dwaas dink nie wat hy doen nie,hy dink hy sal altyd veilig wees.

17. Iemand wat gou kwaad word, doen dom dinge.Mense haat iemand wat skelm planne maak.

18. Mense wat baie min weet en wat nie wil leer nie,word dwase.Slim mense weet baie, en ander mense sien dit.

19. Slegte mense moet buig voor goeie mense,mense wat verkeerd doen, moet buig by die poortevan die mense wat reg lewe.

Spreuke 14