4. ’n Lui mens word hongeren hy kry niks om te eet nie,maar mense wat fluks werk,kry meer as genoeg om te eet.
5. ’n Mens wat reg lewe, haat leuens,maar die mens wat verkeerd doen,sê dinge waaroor almal skaam word.
6. Iemand wat heeltemal reg lewe,is veilig omdat hy reg doen,maar ’n sondaar sterf omdat hy verkeerd doen.
7. Party mense maak of hulle ryk is,maar hulle het niks,party mense maak of hulle arm is,maar hulle het baie.
8. Wanneer iemand ryk is,dan moet hy homself miskien loskoop,maar niemand sê dat ’n arm mens iets moet betaal nie.
9. Die lig van mense wat reg lewe, skyn vrolik,maar die lamp van mense wat verkeerd doen, gaan dood.
10. ’n Hoogmoedige mens wil altyd twis.Iemand wat wysheid het, luisterwanneer ander mense vir hom sê wat om te doen.
11. Iemand wat skielik ryk geword het,word gou weer arm,iemand wat stadig en versigtig goed bymekaarmaak,word ryker en ryker.
12. ’n Mens word moedeloos wanneer hy nie krywat hy graag wil hê nie,maar hy is weer lus om te lewe wanneer hy krywat hy wil hê.
13. Wanneer ’n persoon nie wil doenwat ’n wyse mens vir hom leer nie,dan sal hy arm worden hy sal iemand se slaaf moet word,maar wanneer hy doen wat ’n wyse mens vir hom sê,dan sal hy ’n beloning kry.
14. Die dinge wat ’n wyse mens vir jou leer,laat jou lewe, dit keer sodat die doodjou nie in sy vangstrik vang nie.
15. Mense sal van jou hou as jy verstandig is,mense wat ontrou is, se planne sal nie slaag nie.
16. Elke slim mens weet hoe om dinge te doen,maar ’n dwaas hou aan om te wyshoe dom hy is.
17. Dit sal sleg gaan met ’n boodskapperwat ’n verkeerde boodskap bring,maar ’n mens wat sy boodskap reg bring,laat dit beter gaan met mense.
18. ’n Mens wat nie wil doenwat ’n wyse mens vir hom leer nie,word arm, en niemand respekteer hom nie,maar mense respekteer iemand wat onthouwat ’n wyse mens vir hom sê.
19. Dit is lekker om iets te kry wat jy graag wil hê.Dwase haat dit om op te hou om slegte dinge te doen.