Spreuke 13:11-20 Bybel vir Almal (ABA)

11. Iemand wat skielik ryk geword het,word gou weer arm,iemand wat stadig en versigtig goed bymekaarmaak,word ryker en ryker.

12. ’n Mens word moedeloos wanneer hy nie krywat hy graag wil hê nie,maar hy is weer lus om te lewe wanneer hy krywat hy wil hê.

13. Wanneer ’n persoon nie wil doenwat ’n wyse mens vir hom leer nie,dan sal hy arm worden hy sal iemand se slaaf moet word,maar wanneer hy doen wat ’n wyse mens vir hom sê,dan sal hy ’n beloning kry.

14. Die dinge wat ’n wyse mens vir jou leer,laat jou lewe, dit keer sodat die doodjou nie in sy vangstrik vang nie.

15. Mense sal van jou hou as jy verstandig is,mense wat ontrou is, se planne sal nie slaag nie.

16. Elke slim mens weet hoe om dinge te doen,maar ’n dwaas hou aan om te wyshoe dom hy is.

17. Dit sal sleg gaan met ’n boodskapperwat ’n verkeerde boodskap bring,maar ’n mens wat sy boodskap reg bring,laat dit beter gaan met mense.

18. ’n Mens wat nie wil doenwat ’n wyse mens vir hom leer nie,word arm, en niemand respekteer hom nie,maar mense respekteer iemand wat onthouwat ’n wyse mens vir hom sê.

19. Dit is lekker om iets te kry wat jy graag wil hê.Dwase haat dit om op te hou om slegte dinge te doen.

20. Wanneer jy saam met wyse mense lewe,dan kry jy self wysheid,wanneer jy vir dwase mense wil sorg,dan word jy ook sleg.

Spreuke 13