1. Die Here haat ’n weegskaal wat nie reg weeg nie,Hy hou van gewigte wat presies reg weeg.
2. Mense sal ’n hoogmoedige mens maklik verneder, wyse mense is nederig.
3. Eerlike mense hou aan om reg te lewe,mense wat ontrou is,sterf omdat hulle skelm is.
4. Wanneer die Here kwaad is vir jou,dan help dit nie dat jy ryk is nie,maar wanneer jy reg lewe,dan sal dit jou lewe red.
5. Die pad van eerlike mense is gelyk,want hulle doen reg.’n Mens wat verkeerd doen,sterf omdat hy verkeerd doen.