Spreuke 10:3-9 Bybel vir Almal (ABA)

3. As ’n mens reg lewe,dan laat die Here hom nie honger kry nie,maar vir die mense wat verkeerd doen,gee Hy nie die dinge wat hulle wil hê nie.

4. Hande wat lui is, laat mense arm word,maar hande wat hard werk, maak mense ryk.

5. ’n Kind wat in die somer die koring-oesbymekaarmaak, is verstandig.’n Kind wat slaap wanneer hy die koringmoet afsny, sal niks hê nie.

6. Mense seën ’n persoon wat reg lewe,maar wanneer die mens wat verkeerd doen,praat, dan probeer hy om ander menseseer te maak.

7. Mense onthou ’n persoon wat reg gelewe het,maar niemand wil dink aan mensewat verkeerd gedoen het nie.

8. ’n Verstandige mens doen wat ander mensevir hom sê om te doen,maar ’n dwaas hou aan om te praat totdat hy sterf.

9. ’n Mens wat eerlik lewe, is veilig,maar wanneer iemand skelm is,dan sal ander mense dit uitvind.

Spreuke 10