Spreuke 10:22-32 Bybel vir Almal (ABA)

22. Dit is die seën van die Herewat mense ryk maak,en Hy laat mense nie méér swaarkryomdat hulle ryk is nie.

23. Dit is vir ’n dwaas lekker om slegte dinge te doen,vir ’n verstandige mens is dit lekker om wysheid te hê.

24. Die mens wat verkeerd doen,kry die dinge waarvoor hy bang is.Die Here gee vir die mense wat reg lewe,alles wat hulle wil hê.

25. Wanneer daar ’n stormwind kom,dan waai dit die mense weg wat verkeerd doen.Mense wat reg lewe, staan altyd vas.

26. Jy moenie ’n lui mens stuur om iets te doen nie,hy is soos asyn vir jou tande,soos rook vir jou oë.

27. As iemand die Here respekteer en Hom dien,dan sal daardie persoon lank lewe.Mense wat verkeerd doen, se lewe is kort.

28. Mense wat reg lewe, sal gelukkig wees,mense wat verkeerd doen,kan nie hoop dat dit later goed sal gaan nie.

29. Mense wat aanhou lewe soos die Here wil hê,is veilig,mense wat slegte dinge doen, sal sterf.

30. Die mens wat reg lewe,sal altyd vas staan en veilig wees.Mense wat verkeerd doen,sal nie altyd in die land woon nie.

31. Wanneer ’n mens wat reg doen, praat,dan sê hy dinge wat wysheid is.’n Mens wat altyd ander mense bedrieg,sal moet stilbly.

32. ’n Mens wat reg lewe,weet wat die regte ding is om te sê,mense wat verkeerd doen,wil altyd ander mense bedrieg.

Spreuke 10