17. ’n Mens wat onthou wat hy geleer het,loop op die pad van lewe,’n mens wat nie doen wat hy moet doen nie,weet nie waarnatoe hy gaan nie.
18. ’n Mens wat ander mense haat,is vals wanneer hy praat,dit is ’n dwaas wat skinder oor ander mense.
19. Die mens wat baie praat,sê maklik verkeerde dinge,die mens wat versigtig is en dinkvoordat hy praat, is verstandig.
20. Die woorde van ’n mens wat reg lewe,is soos die beste silwer,die dinge wat mense dink wat verkeerd doen,beteken niks.
21. Wanneer ’n mens wat reg lewe, praat,dan is hy soos ’n herder vir baie mense.Dwase sterf omdat hulle onverstandig is.
22. Dit is die seën van die Herewat mense ryk maak,en Hy laat mense nie méér swaarkryomdat hulle ryk is nie.
23. Dit is vir ’n dwaas lekker om slegte dinge te doen,vir ’n verstandige mens is dit lekker om wysheid te hê.
24. Die mens wat verkeerd doen,kry die dinge waarvoor hy bang is.Die Here gee vir die mense wat reg lewe,alles wat hulle wil hê.
25. Wanneer daar ’n stormwind kom,dan waai dit die mense weg wat verkeerd doen.Mense wat reg lewe, staan altyd vas.
26. Jy moenie ’n lui mens stuur om iets te doen nie,hy is soos asyn vir jou tande,soos rook vir jou oë.