10. ’n Mens wat altyd ander mense wil bedrieg,laat hulle seerkry.’n Dwaas hou aan om te praat totdat hy sterf.
11. Wanneer die mens wat reg lewe, praat,dan laat hy ander mense lewe,maar wanneer die mens wat verkeerd doen, praat,dan maak hy ander mense seer.
12. Haat laat mense twis met mekaar,maar liefde praat nie oor die dingewat vir ander mense pla nie.
13. Wanneer ’n verstandige mens sy mond oopmaak,dan kom daar wysheid uit,maar die persoon wat nog baie moet leer, kry straf.
14. Wyse mense weet baie,maar wanneer ’n dwaas sy mond oopmaak,dan gaan dit gou sleg.
15. Die rykdom van ’n ryk mens is soos ’n sterk stad,maar dit gaan sleg met arm menseomdat hulle arm is.
16. Die beloning van ’n mens wat reg doen,is die lewe self,alles wat die mens doen wat verkeerd lewe,is sonde.
17. ’n Mens wat onthou wat hy geleer het,loop op die pad van lewe,’n mens wat nie doen wat hy moet doen nie,weet nie waarnatoe hy gaan nie.
18. ’n Mens wat ander mense haat,is vals wanneer hy praat,dit is ’n dwaas wat skinder oor ander mense.
19. Die mens wat baie praat,sê maklik verkeerde dinge,die mens wat versigtig is en dinkvoordat hy praat, is verstandig.
20. Die woorde van ’n mens wat reg lewe,is soos die beste silwer,die dinge wat mense dink wat verkeerd doen,beteken niks.