6. In die stad Asdod sal nou ander mense woon. Die Here sê: “Ek sal alles wegvat wat die Filistyne hoogmoedig gemaak het.
7. Hulle sal nie meer ete-offers vol bloed vir hulle afgode bring nie. Die Filistyne wat nog lewe, sal ook aan ons God behoort. Hulle sal soos familie wees vir die mense van Juda. Dit sal met die mense van Ekron gaan soos met die Jebusiete, wat ook saam met die mense van Juda gewoon het.
8. Die Here sê Hy sal sy tempel beskerm. Daar sal nie meer ander volke in die stad Jerusalem kom nie, niemand sal die mense van Jerusalem verdruk nie, want die Here self sorg vir hulle.”
9. Die Here sê:“Mense van Jerusalem,julle moet baie bly wees en juig,want dit is julle koningwat nou na julle toe kom.Hy is regverdig,en Ek help hom altyd.Hy is nie ’n belangrike man nie,en hy ry op ’n jong donkie.
10. Ek sal die oorlogkarre verwoesen die perde doodmaak.Ek sal die pyl en boog stukkend breek,die mense van Efraimen Jerusalem maak oorlog daarmee.Dan sal die koning vrede maakmet die ander volke.Hy sal oor hulle regeer,van die een seetot by die ander see,van die Eufraat-rivier en verder,oor die hele aarde.”
11. Die Here sê ook: “My volk, Ek het ’n verbond gemaak met julle en bloed op julle gegooi. Daarom sal Ek julle mense nou terugstuur. Ander volke het hulle gevang en na ander lande gevat en hulle in putte gegooi wat leeg is. Ek sal hulle nou terugstuur na julle toe.
12. Ek sal vir hulle sê: ‘Julle wat aangehou hoop het dat Ek julle sal help, julle kan nou uitkom, julle kan terugkom na julle stad wat die sterk mure het.’ Nog meer, Ek belowe vandag dat Ek vir my volk twee maal meer sal gee as wat hulle gehad het.