Sagaria 7:6-10 Bybel vir Almal (ABA)

6. En wanneer julle nie vas nie, maar eet en drink, hoekom doen julle dit? Julle eet en drink omdat julle honger en dors is.

7. Kan julle onthou wat Ek gesê het toe Ek voorheen die profete na julle toe gestuur het? Dit was toe daar nog mense in Jerusalem gewoon het, en in die stede rondom Jerusalem, en in die Suid-land en die Laeveld.”

8. Die Here het vir Sagaria gesê:

9. “Ek, die Here wat oor alles regeer, het daardie tyd gesê: Julle moet reg doen aan mekaar, julle moet lief wees vir mekaar en julle moet goed wees vir mekaar.

10. Julle moenie weduwees en weeskinders verdruk nie, ook nie vreemdelinge en mense wat hulleself nie kan help nie. En julle moenie planne maak om slegte dinge aan mekaar te doen nie.

Sagaria 7