Sagaria 4:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die engel wat vir my moes sê wat alles beteken, het teruggekom en hy het my wakker gemaak. Hy het my wakker gemaak soos ’n mens iemand wakker maak wat geslaap het.

2. Die engel het vir my gevra: “Sagaria, wat sien jy?”En ek het gesê: “Ek sien daar is ’n goue lampstaander. Bo-op die lampstaander is ’n bak en daar is olyf-olie in die bak. Daar is sewe lampe. Die olyf-olie vloei in sewe pypies na die lampe.

3. Daar is ook twee olyfbome by die lampstaander, een boom regs en een boom links van die lampstaander.”

4. Ek het toe vir die engel gevra: “Meneer, wat beteken dit?”

5. En die engel het vir my gevra: “Weet jy nie wat dit beteken nie?”Ek het gesê: “Nee, Meneer.”

6. Die engel het vir my gesê: “Sê vir Serubbabel die Here het gesê: Jy moet doen wat Ek vir jou sê om te doen. Maar jy sal dit nie doen omdat jy sterk is nie, jy sal dit doen omdat my Gees by jou is.

7. Jy sal die groot berg voor jou plat maak en jy sal die tempel bou. En wanneer jy die laaste klip op sy plek sit, dan sal die mense hard sê: ‘Die Here is goed vir ons in Jerusalem.’ ”

Sagaria 4