Sagaria 2:7-10 Bybel vir Almal (ABA)

7. Julle wat nou in die land Babel woon, julle moet daar uitkom en weggaan.”

8. Dit is wat die Here sê, Hy wat oor alles regeer. Hy is die lig en Hy het my gestuur na die volke toe wat vir julle gevang en weggevat het. As iemand teen julle oorlog maak, dan maak hy oorlog teen die Here se eie mense. Die Here is baie lief vir hulle.

9. Die Here sê: “Ek sal nou die mense van Babel straf. Hulle eie slawe sal hulle nou vang en wegvat.”Julle sal weet dat die Here my gestuur het om dit te sê, die Here wat oor alles regeer.

10. Die Here sê: “Mense van Jerusalem, julle moet juig en bly wees, want Ek kom nou, en Ek sal tussen julle woon.

Sagaria 2