Romeine 3:7-21 Bybel vir Almal (ABA)

7. Party mense sê dat wanneer ons leuens vertel, dan kan ander mense beter sien dat God altyd reg doen en dan kan hulle Hom prys. Hulle sê daarom mag God nie sê ons is sondaars nie en daarom mag Hy ons nie straf nie. Maar daardie mense is verkeerd!

8. Daar is mense wat verkeerd van ons praat. Hulle sê ons sê dat ons slegte dinge moet doen sodat daar goeie dinge met ons kan gebeur. Maar hulle praat nie die waarheid nie. God moet hulle straf, en Hy sal dit doen.

9. Mag ons sê dat ons onskuldig is en dat ons nie sonde doen nie? Nee, nooit nie! Ek het in die begin van hierdie brief gesê dat almal skuldig is. Ek het gesê almal is vol sonde, die Jode én die mense wat nie Jode is nie.

10. In die Ou Testament is daar geskryf: Niemand doen reg nie,nie een nie.

11. Niemand is verstandig nie,niemand vra wat God wil hê nie.

12. Niemand doen wat Godwil hê nie,almal doen verkeerde dinge,nie een mens doen goed nie,niemand nie.

13. Hulle sê dinge wat baie sleg is,hulle praat en dan bedrieg hulleander mense, hulle woorde is so slegsoos die gif van slange.

14. Hulle hou daarvanom mense te vervloeken om slegte dinge te sê.

15. Hulle hou daarvan om mensedood te maak.

16. Hulle breek alles en hulle maakmense baie seer.

17. Hulle hou nie van vrede nie.

18. Hulle respekteer nie vir God nie.

19. Ons weet dat almal wat God se wette ken, moet doen wat die wette sê. Daarom kan niemand sê hy is onskuldig nie. Ja, God moet al die mense in die wêreld straf,

20. want Hy sal niemand vryspreek omdat hy doen wat die wette sê nie. Die wette wys vir ons wat sonde is, die wette wys niks meer nie.

21. Maar nou het God vir ons kom wys dat Hy mense vryspreek, maar nie omdat hulle doen wat die wette sê nie. Ons lees daarvan in die Wette van Moses en in die boeke van die profete.

Romeine 3