1. Jy sê ander mense doen dinge wat verkeerd is, maar jy, ja jý, is ook skuldig. Jy sê húlle doen verkeerde dinge, maar jý doen dieselfde dinge. As jy sê hulle doen verkeerde dinge, dan beteken dit dat jy ook skuldig is, want jy doen dieselfde verkeerde dinge.
2. Ons weet dit is reg dat God mense straf wat daardie verkeerde dinge doen.
3. Jy, ja jý, sê ander mense doen dinge wat verkeerd is, maar jy doen dieselfde dinge. Jy moet weet dat God jou ook sal straf, jy sal nie kan wegvlug nie.
4. God is baie goed, Hy straf mense nie gou nie, Hy is geduldig, want Hy wil hê jy moet lewe soos Hy sê. Maar dit alles is nie vir jou belangrik nie.
5. Jy luister nie na God nie, jy lewe nie soos God wil hê nie. Daarom sal God jou straf op daardie dag wanneer Hy al die mense sal straf, daardie dag wanneer almal sal kan sien dat sy straf reg is.
6. God weet wat elke mens gedoen het en Hy sal elke mens oordeel oor wat hy gedoen het.
7. Party mense hou aan om goeie dinge te doen, want hulle wil graag hê God moet hulle eendag soos konings maak. Hulle wil hê mense moet hulle respekteer, en hulle wil aanhou lewe. God sal vir hulle die ewige lewe gee.
8. Maar party mense is selfsugtig. Hulle weet wat reg is, maar hulle doen dit nie. Hulle doen graag dinge wat verkeerd is. God sal kwaad bly vir hulle en Hy sal hulle straf.
9. Ja, God sal ál die mense straf wat verkeerd doen. Hy sal hulle laat swaarkry, en dit sal sleg gaan met hulle, met hulle almal, eerste die Jode en dan die mense wat nie Jode is nie.
28-29. Wie is die ware Jode? Dit is nie die mense wat vir ander mense lyk soos Jode nie. Nee, hulle moet in hulle hárte Jode wees. As mense se liggame besny is, dan is hulle nog nie regtig besny nie. Hulle hárte moet besny wees. Dit beteken: Dit is nie belangrik dat mense se liggame besny is nie, dit is belangrik dat die Heilige Gees in hulle harte is. Dán sal Gód hulle prys, nie ander mense nie.