Rigters 8:29-32 Bybel vir Almal (ABA)

29. Gideon het in sy huis gaan woon.

30. Hy was die pa van 70 seuns, want hy het baie vroue gehad.

31. Hy het ook ’n seun gehad by sy byvrou in Sigem, en hy het die seun Abimelek genoem.

32. Gideon was oud toe hy gesterf het. Hulle het hom begrawe in sy pa Joas se graf in Ofra waar die familie Abiëser gewoon het.

Rigters 8