2. Die Midianiete het die Israeliete laat swaarkry. Die Israeliete het hulle goed vir die Amalekiete probeer wegsteek in grotte en in plekke in die berge waar mense nie maklik kon kom nie.
3. Hulle het dit gedoen omdat die Midianiete en die Amalekiete en die Oosmense elke maal gekom het wanneer die Israeliete klaar hulle koring gesaai het.
4. Hulle het dan hulle tente opgeslaan en hulle het die hele land verwoes, tot by die stad Gasa. Hulle het niks laat oorbly wat die Israeliete kon eet nie, ook nie skape of beeste of donkies nie.
5. Die Midianiete en die ander vyande het hulle eie skape en bokke en beeste en tente saamgebring. Hulle was so baie soos sprinkane. ’n Mens kon hulle en hulle kamele nie tel nie. Hulle het gekom en hulle het die land verwoes.
6. Die Israeliete het baie arm geword omdat die Midianiete en die ander vyande altyd hulle goed gevat het. Die Israeliete het gebid en gevra dat die Here hulle moet help.
7. Toe hulle dit gedoen het,
8. het die Here ’n profeet na hulle toe gestuur. Die profeet het vir hulle gesê: “Die Here, die God van Israel, sê: Ek het julle uit Egipte gebring waar julle slawe was.
9. Ek het julle gered van die Egiptenaars en van almal in hierdie land wat vir julle laat swaarkry het. Ek het hierdie mense weggejaag sodat julle plek kon kry om te woon, Ek het hulle land vir julle gegee.
10. Ek het vir julle gesê: Ek is julle God die Here. Julle woon in die Amoriete se land, maar julle moenie hulle gode dien nie. Julle was nie gehoorsaam aan My nie.”
11. Die Engel van die Here het gekom en het gaan sit onder die groot boom by die stad Ofra. Die plek het behoort aan Joas, ’n man uit die familie Abiëser. Joas se seun Gideon was besig om koring uit te slaan binne-in ’n parskuip. Hy het dit daar gedoen sodat die Midianiete dit nie kon sien nie.
12. Die Engel van die Here het na hom toe gekom en vir hom gesê: “Jy is ’n man wat kan oorlog maak, en die Here is by jou.”
13. Gideon het vir die Engel van die Here gesê: “Asseblief, Meneer, as die Here by ons is, sê vir my hoekom gebeur al hierdie dinge met ons? Waar is al sy wonderwerke? Ons voorvaders het ons daarvan vertel. Hulle het altyd gesê: ‘Die Here het ons uit Egipte gebring.’ Maar nou het die Here ons gelos. Hy het die Midianiete gestuur om ons te verdruk.”