18. Maar die mense van Sebulonen Naftali was nie bang nie.Hulle het kom wagstaanop die berge van die land.
19. Konings het kom oorlog maak,die konings van Kanaänhet oorlog gemaak in Taänakby die Megiddo-water,maar hulle het nie die Israelieteoorwin en hulle silwer gevat nie.
20. Die sterre het van bo in die lugoorlog gemaak,hulle het op hulle pad geblyen oorlog gemaak teen Sisera.
21. Die Kison-rivier het Siserase mense weggespoel,die Kison-rivier wat baie oud is.Maar ek kon verder gaan,ek was sterk.
22. Die perdepote het geraasop die grond,Sisera se soldate het gevlugop hulle perde.
23. “Die Engel van die Herehet gesê:‘Julle moet die stad Meros vervloek,julle moet sy mense vervloeken nie jammer weesvir hulle nie.Want hulle het nie gekommet hulle soldateom die Here te help nie.’
24. Maar met Jael sal dit beter gaanas met al die ander vroue,Jael vrou van Geber die Keniet,dit sal met haar beter gaanas met die ander vrouein die tente.
25. Sisera het water gevra,maar sy het vir hom melk gegee,sy het dikmelk gebringin ’n pragtige bak.
26. Sy het ’n tentpen gevatmet die een hand en metdie ander hand ’n hamer,en sy het vir Sisera doodgemaak.Sy het die pen deur sy kopgeslaan tot in die grond.
27. Hy het tussen haar voetegeval en daar gelê,hy het geval en daar dood gelê.
28. “Sisera se mahet by die venster uitgekyk,sy het deur die vensterse tralies gekyk,sy het gehuil en gevra:‘Hoekom kom sy oorlogkar nie?Hoekom hoor ons homnie kom nie?’
29. Die slimste van die vrouewat haar help,het geantwoord.Sy en Sisera se mahet saam gesê:
30. ‘Ek dink hulle deel die goeduit wat hulle gevat het:Elke man kry een of twee meisies,Sisera kry mooi bont klere,en óns kry nekdoekemet baie kleure.’
31. “Here, ek bid dat dit met alu vyande sal gaansoos met Sisera,en dat almal wat lief is vir U,sal wees soos die sonwat helder skyn.”Daar was 40 jaar lank vrede in die land.