Rigters 19:21-24 Bybel vir Almal (ABA)

21. Die ou man het hom na sy huis gebring en hy het vir die donkies kos gegee. Hulle het hulle voete gewas en geëet en gedrink.

22. Hulle het lekker geëet, maar toe het ’n klomp mans om die huis kom staan en hulle het teen die deur geslaan. Hulle was slegte mense. Hulle het vir die ou man aan wie die huis behoort het, gesê: “Bring die man wat in jou huis ingekom het. Ons wil seks hê met hom.”

23. Die man aan wie die huis behoort, het uitgegaan na hulle toe en hy het vir hulle gesê: “Nee, vriende, julle moet asseblief niks sleg doen aan hierdie man wat in my huis gekom het nie. Moenie so ’n lelike ding doen nie.

24. Hier is my dogter. Sy is nog ’n jongmeisie. Ek sal haar en die byvrou van die man uitbring. Julle mag hulle verkrag en met hulle doen wat julle wil. Maar moenie hierdie lelike ding doen aan hierdie man nie.”

Rigters 19