Psalms 98:3-9 Bybel vir Almal (ABA)

3. Hy het weer gedoen wat Hy belowe het,Hy het dieselfde gebly vir die volk Israel.Die mense oral op die aarde het gesiendat ons God oorwin het.

4. Al die mense op die aarde,julle moet juig vir die Here,julle moet begin, julle moet sing,julle moet musiek maak.

5. Julle moet vir die Here musiek maakmet liere, met liere en ander musiek,

6. met trompette en met ramshorings.Julle moet juig vir die Koning, die Here.

7. Die see en alles in die see moet raas,ook die wêreld en almal wat in die wêreld woon.

8. Die riviere moet hande klap,en al die berge moet sing

9. vir die Here, want Hy komom te regeer oor die aarde.Hy sal reg doenwanneer Hy oor die wêreld regeer,Hy sal reg doen aan almalwanneer Hy oor die volke regeer.

Psalms 98