1. Julle moet vir die Here ’n nuwe lied sing,al die mense op die aarde,julle moet vir die Here sing.
2. Julle moet vir die Here sing,julle moet sy Naam prys,julle moet elke dag die goeie nuus bringdat die Here mense red.
3. Julle moet vir die volke vertel, vir al die volke,julle moet vertel dat die Here Koning isen dat Hy wonderwerke doen.
4. Want die Here is groot,mense moet Hom baie prys,hulle moet bang wees vir Hóm,nie vir al die afgode nie.
5. Want al die gode van die volke beteken niks,maar dit is die Hére wat die hemel gemaak het.