12. Dit gaan goed met iemand wanneer die Herevir hom leer wat hy moet doen,wanneer U vir hom leer wat U wil hê.
13. U laat hom vry wegkom wanneer dit sleg gaan,maar U maak ’n graf gereedvir die mense wat verkeerd doen.
14. Want die Here gooi nie sy volk weg nie,Hy los nie die mense wat aan Hom behoort nie.
15. Die mense wat moet oordeel,sal weer reg oordeel,en al die eerlike mense sal sê dit is goed.
16. Niemand het vir my gehelp vegteen die slegte mense nie,niemand het my gehelpteen die mense wat slegte dinge doen nie.
17. As die Here nie vir my gehelp het nie,dan was ek lank gelede dood.
18. Ek het gedink my voete gly,maar U het gedoen wat U belowe het,U het my regop gehou.
19. Ek was baie bekommerd,maar U het dinge vir my veranderen U het my bly laat word.
20. U kan nie ’n vriend wees van slegte regters nie,mense wat ongehoorsaam is aan u wette,en wat ander mense laat swaarkry.
21. Hulle maak saam planneteen mense wat reg doen,hulle sê onskuldige mense is skuldig.
22. Maar die Here het my beskerm.My God is die Rots by wie ek veilig is.
23. Hy sal daardie mense straf oor hulle sonde,Hy sal hulle laat sterf oor die slegte dingewat hulle gedoen het.Ons God die Here sal hulle laat sterf.