1. Here, God wat mense strafoor wat hulle gedoen het,God wat mense straf, U moet kom.
2. Regter van die mense op die aarde,U moet begin,U moet die hoogmoedige mense strafoor wat hulle gedoen het.
3. Here, hoe lank sal die mense wat verkeerd doen,juig oor wat met ander mense gebeur?Hoe lank sal hulle aanhou om dit te doen?
4. Hoe lank sal al die mense wat slegte dinge doen,aanhou spog?
5. Here, hulle laat u volk swaarkry,hulle verdruk die mense wat aan U behoort.
6. Hulle vermoor weduwees en vreemdelinge,hulle maak weeskinders dood,
7. en dan sê hulle: “Die Here sien dit nie,die God van Jakob weet nie dat dit gebeur nie.”
8. Dom mense van my volk, julle is dwase,julle moet verstaan.Wanneer sal julle verstandig word?
9. Die Here het vir ons ore gegee.Dink julle dat Hy nie self ook kan hoor nie?Hy het vir ons oë gegee.Dink julle dat Hy nie self ook kan sien nie?