1. ’n Gebed. Van Moses, die man van God.Here, ons was veilig by U, al die geslagte lank.
2. U was altyd God, voordat die berge daar was,voordat U die aarde, die wêreld, gemaak het,en U sal altyd God wees.
3. U laat die mens sterf sodat hy weer stof word,U sê: “Mens, jy moet teruggaan.”