Psalms 9:5-18 Bybel vir Almal (ABA)

5. want U het gesê ek is onskuldig,U het reg gedoen aan my.U is ’n regverdige Regterwanneer U op u troon gaan sit.

6. U het vir die volke gesê U sal hulle straf,U het die mense wat verkeerd doen, doodgemaak.Niemand onthou nou hulle name nie.

7. U het ons vyande oorwin,U het hulle stede verwoes,en waar die stede was, is nou net hope klippe.Niemand onthou noudat daardie stede daar was nie.

8. Die Here regeer vir altyd,Hy is gereed om te oordeelwanneer Hy op sy troon gaan sit.

9. Hy sal regverdig weeswanneer Hy die wêreld oordeel,Hy sal reg doen aan almalwanneer Hy die volke oordeel.

10. Die Here beskerm ’n menswat homself nie kan beskerm nie,Hy beskerm die mense met wie dit sleg gaan.

11. Die mense wat vir U ken,weet dat U sal doen wat U sê,want U los nie die mensewat naby U wil wees nie.

12. Julle moet vir die Here sing en Hom prys,die Here wat op Sionsberg woon,julle moet vir die volke vertelwat die Here gedoen het,

13. want Hy onthou die mensewat onskuldig gesterf heten Hy straf die mensewat vir hulle doodgemaak het.Hy hoor wanneer mense Hom roepen vra dat Hy moet help,mense wat hulleself nie kan beskerm nie.

14. Here, U moet jammer wees vir my en U moet my help,U moet kyk hoe swaar laat my vyande my kry.Ek is naby die dood, U moet my red.

15. Dan sal ek kan vertelvan die wonderlike dinge wat U gedoen het,dan kan ek in die poorte van Jerusalem juigomdat U my gered het.

16. Die volke het in die gat gevalwat hulle self gegrawe het,hulle voete sit vas in die vangnetwat hulle self styfgetrek het.

17. Die Here het gewys wie Hy is,Hy het reg ge-oordeel.Hy straf die mense wat verkeerde dinge doen. Higgajon Sela

18. Die mense wat verkeerd doen,al die volke wat vergeet dat daar ’n God is,sal na die doderyk gaan.

Psalms 9