Psalms 9:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos die lied “Die dood van die seun.” ’n Psalm van Dawid.

2. Here, ek wil U prys met my hele hart,ek wil vertel van al die wonderlike dingewat U doen.

3. Hoogste God, ek wil vrolik en bly wees oor U,ek wil sing om u Naam te eer.

4. Wanneer my vyande voor U moet kom staan,dan vlug hulle en hulle val en sterf,

5. want U het gesê ek is onskuldig,U het reg gedoen aan my.U is ’n regverdige Regterwanneer U op u troon gaan sit.

6. U het vir die volke gesê U sal hulle straf,U het die mense wat verkeerd doen, doodgemaak.Niemand onthou nou hulle name nie.

Psalms 9