Psalms 89:37-40 Bybel vir Almal (ABA)

37. Sy nageslag sal nooit ophou nie,iemand van sy nageslag sal koning weesso lank soos die son daar is.

38. Dit is so seker soos die maan,die getuie wat altyd in die lug is.”

39. Maar, Here, U is nou kwaad vir u gesalfde,U het hom weggestoot, U het hom gelos.

40. U het gemaak of U nie ’n verbond met u dienaargemaak het nie,U het sy kroon op die grond laat val,en dit het vuil geword.

Psalms 89