34. Maar Ek sal nie ophouom vir hom te doen wat Ek belowe het nie,Ek sal altyd dieselfde bly.
35. My verbond sal vir My belangrik bly,Ek sal nie verander wat Ek gesê het nie.
36. Ek het dit voorheen belowe, Ek, die heilige God,en Ek sal nie vir Dawid bedrieg nie.
37. Sy nageslag sal nooit ophou nie,iemand van sy nageslag sal koning weesso lank soos die son daar is.
38. Dit is so seker soos die maan,die getuie wat altyd in die lug is.”
39. Maar, Here, U is nou kwaad vir u gesalfde,U het hom weggestoot, U het hom gelos.
40. U het gemaak of U nie ’n verbond met u dienaargemaak het nie,U het sy kroon op die grond laat val,en dit het vuil geword.
41. U het al die mure om sy stad laat afbreek,U het sy sterk mure laat verwoes.
42. Almal wat daar verbykom op die pad,vat die goed in die stad,die volke daar naby spot en lag vir die koning.
43. U het sy vyande laat wen teen hom,U het al sy vyande bly gemaak.