21. Ek het my dienaar Dawid laat komen Ek het hom gesalf met my gewyde olyf-olie.
22. Ek sal hom beskerm en hom sterk maak.
23. Sy vyande sal hom nie kan bedrieg nie,niemand sal hom verdruk nie.
24. Ek sal die mense doodmaak wat teen hom is,Ek sal die mense doodslaan wat hom haat.
25. Ek sal dieselfde bly vir hom,Ek sal doen wat Ek belowe het,Ek sal hom sterk maak.
26. Ek sal hom laat regeer oor ver landetot by die see en die riviere.
27. Hy sal vir My sê: ‘U is my Vader, my God,die Rots wat my red.’
28. En Ek sal vir hom sê hy is vir Myso belangrik soos ’n oudste seun,hy is die belangrikste koning op die aarde.
29. Ek sal altyd vir hom doen wat Ek belowe het,Ek sal nooit my verbond met hom breek nie.
30. Hy sal altyd ’n nageslag hê,iemand van sy nageslag sal koning weesso lank soos die son daar is.
31. As ’n persoon van sy nageslag ophouom te doen wat Ek wil hêen nie lewe soos Ek sê nie,
32. as hy maak of dit nie belangrik isom so te lewe nie,en hy doen nie wat Ek sê nie,
33. dan sal Ek hom straf omdat hy opstandig is.Ek sal hom laat swaarkry omdat hy sonde doen.