Psalms 89:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Lied. Van Etan, die Esragiet.

2. Here, ek wil altyd sing en sêdat U elke maal doen wat U belowe het,ek wil vir elke geslag leerdat U altyd dieselfde bly.

3. Ja, ek sê dat U altyd doen wat U belowe het,U sal dieselfde bly, soos die lug daarbo.

4. U het gesê:“Ek het ’n verbond gemaak met die man wat Ek gekies het,Ek het vir my dienaar Dawid belowe en gesê:

5. Jy sal altyd ’n nageslag hê,iemand van jou nageslag sal altyd koning wees.” Sela

6. Here, almal in die hemelmoet praat oor u wonderwerke,die vergadering van die engele moet praat en sêdat U altyd dieselfde bly.

7. Want niemand anders in die hemelis soos die Here nie,nie een van die engele kan doen wat U doen nie.

Psalms 89