Psalms 86:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Gebed. Van Dawid.Here, U moet luister, U moet my antwoord,want ek kan myself nie help nie en ek het niks.

2. U moet my lewe beskerm, want ek glo in U.U moet my, u dienaar, red, ek weet U sal.U is my God.

3. My Here, U moet genadig wees vir my,want ek roep die hele dag,ek vra dat Ú my moet help.

4. U moet my, u dienaar, bly maak,want dit is tot Ú wat ek bid.

5. Want U is goed, my Here, U vergeween U doen alles wat U belowe hetvir al die mense wat tot U bid.

6. Here, U moet luister na my gebed,U moet hoor hoe ek soebat.

7. Wanneer dit sleg gaan met my,dan bid ek tot U, want U sal my antwoord.

8. Nie een van die gode is soos U nie,nie een kan doen wat U doen nie.

Psalms 86