Psalms 84:4-7 Bybel vir Almal (ABA)

4. Here, U wat oor alles regeer,die mossies het ook neste,en die swaeltjies het plek vir hulle kleintjiesdaar by u altare, my Koning en my God.

5. Dit gaan goed met mense wat in u tempel woon,hulle hou nie op om U te prys nie. Sela

6. Dit gaan goed met mense wat weetdat U hulle sal beskermen wat graag na u tempel wil kom.

7. Wanneer hulle deur ’n droë vallei moet gaan,dan gaan daar fonteine vir hulle oopen dan laat die eerste reën dit goed gaan.

Psalms 84