8. die mense van Gebal en Ammon en Amalek,die Filistyne saam met die mense wat in Tirus woon.
9. Die mense van Assirië is ook saam met hulle,hulle help die kinders van Lot en maak hulle sterk. Sela
10. U moet met hulle doensoos U met die Midianiete gedoen het, soos met Sisera, soos met Jabinby die Kison-rivier.
11. Hulle het gesterf by En-Dor,hulle lyke het op die grond gelê en vrot.
12. U moet met hulle leiers doen soos U gedoen het met Oreb en Seëb.U moet al hulle leiers laat sterf soos Sebag en Salmunna.
13. Hulle is die mense wat gesê het:“Kom ons vat die land van God vir onsself.”
14. My God, U moet ons vyande soos tolbosse maak,soos kaf wat wegwaai voor die wind.
17. U moet hulle laat besef dat hulle sal verloor,sodat hulle sal weet wie U is.
18. U moet hulle laat besef dat hulle nie kan wen nie,hulle moenie ophou skrik nie,dit moet so sleg gaan met hulle dat hulle sterf.
19. Hulle moet besef dat Udie Hoogste God oor die hele aarde is,net U is God, u Naam is Here.