Psalms 8:3-10 Bybel vir Almal (ABA)

3. Ook klein kindertjies sing oor u krag.U vyande moet dit weet,mense wat téén U is, moet stilbly.

4. U het die lug en die maan en die sterre met u hande gemaak.Wanneer ek daarna kyk, dan dink ek:

5. ’n Mens beteken niks.Hoekom dink U aan mense?Hoekom onthou U iemand wat net ’n mens is?

6. U het die mens amper soos ’n engel gemaak,U het vir hom eer gegee en U het hom belangrik gemaak.

7. U laat hom regeer oor alles wat U gemaak het.U het gesê hy is die hoof oor alles:

8. oor die skape en bokke en beeste,ja, oor hulle almal, en oor die wilde diere,

9. oor die voëls in die lug en oor die visse in die see,oor alles wat in die see swem.

10. Here, ons Here, die hele aarde wys dat U Koning is.

Psalms 8