Psalms 8:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos die lied oor die parskuip. ’n Psalm van Dawid.

2. Here, ons Here, die hele aarde en die lug daarbowys dat U Koning is en dat U regeer.

3. Ook klein kindertjies sing oor u krag.U vyande moet dit weet,mense wat téén U is, moet stilbly.

4. U het die lug en die maan en die sterre met u hande gemaak.Wanneer ek daarna kyk, dan dink ek:

5. ’n Mens beteken niks.Hoekom dink U aan mense?Hoekom onthou U iemand wat net ’n mens is?

Psalms 8