Psalms 78:53-71 Bybel vir Almal (ABA)

53. en Hy het hulle gebringwaar hulle veilig kan weesen nie bang nie.Maar hulle vyande het in die see verdrink.

54. God het sy volk gebring na sy gewyde land,na die berg wat Hy geneem hetom aan Hom te behoort.

55. Hy het ander volke uit hulle lande weggejaagsodat sy eie volk daar kon woon.Hy het hulle lande vir die stamme van Israel gegeeen Hy het hulle laat woon in daardie volke se woonplek.

56. Maar die Hoogste God se volk het Hom getoets,hulle was opstandig teen Hom, hulle het nie gedoenwat Hy vir hulle gesê het nie.

57. Hulle het weggegaan van Hom,hulle was ontrou soos hulle voorvaders.Hulle was soos ’n boog wat skeef wasen nie reg kon skiet nie.

58. Hulle het God kwaad gemaak,want hulle het offer-plekke gebou,hulle het Hom baie kwaad gemaak,want hulle het beelde aanbid.

59. God het geweet wat hulle doenen Hy het baie kwaad geword,Hy het die Israeliete heeltemal gelos.

60. Hy het die tempel in Silo gelos,die plek waar Hy tussen mense gewoon het.

61. Hy het nie gekeer toe die vyandesy verbondskis vat nie,die kis waar Hy, die sterk Koning,aan sy mense verskyn het.

62. Hy het sy volk laat sterf in oorlog,Hy was kwaad vir die mense van sy eie land.

63. Hulle jongmanne het verbrand,en daar was niemand met wie hulle jongmeisieskon trou nie.

64. Hulle priesters het in die oorlog gesterf,en daar was nie tyd vir die weduwees om te rou nie.

65. Maar toe het die Here wakker gewordsoos iemand wakker word nadat hy geslaap het,soos iemand wat weer reg wordnadat hy te veel wyn gedrink het.

66. Hy het sy vyande hard geslaan,Hy het hulle vir altyd verneder.

67. Hy het die tempel gelos wat by die Josef-stam was,Hy het nie weer die Efraim-stam gekies nie.

68. Hy het die Juda-stam gekies,die Sionsberg waarvoor Hy lief geword het.

69. Hy het sy tempel daar gebou,dit was hoog en vas soos die hemel en die aardewat Hy vir altyd vas laat staan.

70. Hy het sy dienaar Dawid gekiesen hom weggeneem van die skaapkrale,

71. Hy het hom van die lammer-ooie weggeneemom die herder te wees van sy volk,die nageslag van Jakob, Israel.

Psalms 78