Psalms 78:45-61 Bybel vir Almal (ABA)

45. Hy het steekvlieë gestuur wat hulle gebyt heten paddas wat hulle land verwoes het.

46. Hy het hulle plante vir die sprinkane gegee,die sprinkane het alles op hulle koringlandeen in hulle tuine opgevreet.

47. Hy het hael gestuurom hulle wingerde stukkend te slaanen Hy het ryp gestuurom hulle vyebome te laat doodgaan.

48. Hy het hael en weerlig gestuurom hulle beeste en hulle skapeen bokke dood te slaan.

49. God het hulle laat voel hoe kwaad Hy is,Hy wou hulle baie swaar laat kry,Hy het vir hulle boodskappers gestuurom te sê dat mense sal sterf.

50. Hy was kwaad, baie kwaad,en Hy het dit vir hulle gewys.Hy het nie hulle lewe gespaar nie,Hy het hulle laat sterf van pes.

51. Hy het die oudste seun van elke familie van die Egiptenaars laat sterfin Egipte, in die woonplek van die nageslag van Gam.

52. Maar Hy het sy eie volk weggeleisoos ’n herder sy skape en bokke weglei.Hy het hulle deur die woestyn gelei

53. en Hy het hulle gebringwaar hulle veilig kan weesen nie bang nie.Maar hulle vyande het in die see verdrink.

54. God het sy volk gebring na sy gewyde land,na die berg wat Hy geneem hetom aan Hom te behoort.

55. Hy het ander volke uit hulle lande weggejaagsodat sy eie volk daar kon woon.Hy het hulle lande vir die stamme van Israel gegeeen Hy het hulle laat woon in daardie volke se woonplek.

56. Maar die Hoogste God se volk het Hom getoets,hulle was opstandig teen Hom, hulle het nie gedoenwat Hy vir hulle gesê het nie.

57. Hulle het weggegaan van Hom,hulle was ontrou soos hulle voorvaders.Hulle was soos ’n boog wat skeef wasen nie reg kon skiet nie.

58. Hulle het God kwaad gemaak,want hulle het offer-plekke gebou,hulle het Hom baie kwaad gemaak,want hulle het beelde aanbid.

59. God het geweet wat hulle doenen Hy het baie kwaad geword,Hy het die Israeliete heeltemal gelos.

60. Hy het die tempel in Silo gelos,die plek waar Hy tussen mense gewoon het.

61. Hy het nie gekeer toe die vyandesy verbondskis vat nie,die kis waar Hy, die sterk Koning,aan sy mense verskyn het.

Psalms 78