Psalms 78:35-49 Bybel vir Almal (ABA)

35. Hulle het dan gesê dit is God wat hulle Rots is,dit is die Hoogste God wat hulle kan vrymaak.

36. Maar hulle wou Hom bedrieg,hulle het dinge gesê, maar hulle was vals.

37. Hulle het nie regtig in God geglo nie,hulle het nie gedoen wat Hy gesê hettoe Hy ’n verbond met hulle gemaak het nie.

38. En God?Hy was genadig,Hy het hulle sonde vergewe,Hy het hulle nie almal laat sterf nie.Hy het baie maal weer goed geword vir hulle,Hy het nie vir hulle kwaad gebly nie.

39. Hy het onthou dat hulle mense is,hulle is soos wind wat verbywaaien dan is dit weg.

40. Hulle was baie maal opstandig teen Hom,hulle het Hom hartseer gemaakdaar in die woestyn, die wilde plek.

41. Hulle het God elke maal weer getoets,hulle het die Heilige God van Israelhartseer gemaak.

42. Hulle wou nie onthou wat Hy gedoen het nie,daardie tyd toe hulle swaargekry heten toe Hy hulle gered het,

43. daardie tyd toe Hy in Egipte tekensen wonderwerke gedoen het,daar in die land waar die stad Soan is.

44. Hy het die riviere, die waterstrome, verander,en dit het bloed gewordsodat die Egiptenaars dit nie kon drink nie.

45. Hy het steekvlieë gestuur wat hulle gebyt heten paddas wat hulle land verwoes het.

46. Hy het hulle plante vir die sprinkane gegee,die sprinkane het alles op hulle koringlandeen in hulle tuine opgevreet.

47. Hy het hael gestuurom hulle wingerde stukkend te slaanen Hy het ryp gestuurom hulle vyebome te laat doodgaan.

48. Hy het hael en weerlig gestuurom hulle beeste en hulle skapeen bokke dood te slaan.

49. God het hulle laat voel hoe kwaad Hy is,Hy wou hulle baie swaar laat kry,Hy het vir hulle boodskappers gestuurom te sê dat mense sal sterf.

Psalms 78