Psalms 77:10-21 Bybel vir Almal (ABA)

10. Wil God nie meer genadig wees nie?Of is Hy so kwaad dat Hy nie weerjammer kan wees vir ons nie? Sela

11. En dan sê ek:Daar is iets wat my ongelukkig maak,dit is dat die Hoogste God nie meer doenwat Hy voorheen gedoen het nie.

12. Ek dink aan wat die Here gedoen het,die wonderlike dinge wat U gedoen het,lank gelede,

13. ek dink aan alles wat U gedoen het,die groot dinge wat U gedoen het.

14. O God, U het gedoen wat net U kan doen.Daar is nie ’n ander God wat so groot issoos U nie, o God.

15. Dit is U, o God, wat ’n wonderwerk gedoen heten vir die volke gewys het dat U sterk is.

16. U het u volk vrygemaak,die nageslag van Jakob en die nageslag van Josef,U het gewys dat U baie sterk is. Sela

17. O God, toe die water vir U sien,toe die water vir U sien,toe het die water gebewe.Die diep water was baie bang.

18. Daar het reën geval uit die wolke,daar was donderweer in die lug,u weerlig het oral geblits.

19. U het die donderweer laat raas,die weerlig het dit lig gemaak in die wêreld,die aarde het geskud en gebewe.

20. U het deur die see gekom,U het deur die baie water gestap,niemand het u spore gesien nie.

21. U het u volk geleisoos ’n herder sy skape en bokke lei,U het vir Moses en Aäron gestuur om dit te doen.

Psalms 77