Psalms 75:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Moenie verwoes nie.” ’n Psalm van Asaf. ’n Lied.

2. O God, ons sê vir U dankie, ons sê dankie.U is naby ons, almal praat oor u wonderwerke.

3. God het gesê:“Wanneer die tyd kom, die tyd wat Ek besluit het,dan sal Ek reg oordeel.

4. Wanneer die aarde en alles op die aarde wegsmelt,dan is dit Ék wat die pilare van die aarde vas laat staan. Sela

5. Ek het vir die hoogmoedige mense gesê,vir die mense wat verkeerd doen:‘Julle moenie hoogmoedig wees nie,julle moenie dink julle is sterk nie,

6. julle moenie dink julle is baie sterken julle kan enige iets sê wat julle wil sê nie.’ ”

Psalms 75