Psalms 74:12-17 Bybel vir Almal (ABA)

12. God is my Koning van lank gelede af,dit is Hý wat mense op die aarde red.

13. O God, dit is U wat sterk is,U het die see in twee gebreek.U het die koppe van die watermonstersin die water stukkend geslaan.

14. Dit is U wat die koppe van die watermonster Leviatanstukkend getrap heten wat hom vir die haaie gegee hetom op te vreet.

15. Dit is U wat fonteine en riviere laat vloei het,dit is U wat riviere laat droog word hetwaar daar altyd water was.

16. Die dag en ook die nag behoort aan U.Dit is U wat die son en die maanop hulle plekke gesit het.

17. Dit is U wat gesê hetwaar die grense van die land moet wees.U het die somer en die winter gemaak.

Psalms 74