Psalms 73:1-16 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Psalm van Asaf.God is goed vir Israel, dit is seker,Hy is goed vir mense wat aan Hom behoort.

2. En ek?Ek het amper geval,my voete het amper gegly,

3. want ek het gesien dit gaan goedmet hoogmoedige mense,die mense wat verkeerd doen,en ek was jaloers op hulle.

4. Want hulle is nie bang vir die dood nie,hulle is vet en gesond.

5. Hulle kry nie swaar soos ander mense nie,niks wat sleg is, gebeur met hulle nie.

6. Daarom is hulle so hoogmoedigen is hulle altyd gereed om ander mense seer te maak.

7. Hulle is baie vet, dit lyk of hulle oë wil uitval,hulle dink hulle kan enige iets doen.

8. Hulle spot en hulle praatoor hoe hulle slegte dinge kan doen,hulle is hoogmoedig en hulle praatoor hoe hulle ander mense kan laat swaarkry.

9. Hulle praat teen almal in die hemel,hulle sê enige iets wat hulle wil sê oor ander mense.

10. Daarom kom luister mense graagna alles wat hierdie mense sê.

11. Die mense wat verkeerd doen,dink dat God nie weet wat hulle doen nie,hulle dink die Hoogste God weet niks.

12. Kyk hoe is die mense wat verkeerd doen,hulle is oor niks bekommerd nie en hulle word ryk.

13. Waarlik, ek het rein geblyen ek het niks gedoen wat verkeerd is nie,maar dit het my niks gehelp nie.

14. Ek het aangehou swaarkry,God het my elke dag gestraf.

15. Maar as ek gedink en gepraat hetsoos die mense wat verkeerd doen,dan was ek nie meer een van die mensewat aan God behoort nie, dit weet ek.

16. Ek het gedink en ek het dit probeer verstaan,maar dit was moeilik vir my.

Psalms 73