Psalms 72:1-12 Bybel vir Almal (ABA)

1. Van Salomo.O God, U moet vir die koning leer om reg te regeeren om reg te doen soos U.

2. Ons bid dat hy reg sal regeer oor u volk,dat hy reg sal oordeel oor mensewat aan U behoort en wat hulleself nie kan help nie.

3. Daar moet vrede wees en almal moet reg doenin die hele land, tot op die berge en die heuwels.

4. Die koning moet reg doen aan die mensewat hulleself nie kan help nie,hy moet die arm mense reden hy moet die mense strafwat ander mense laat swaarkry.

5. O God, die mense moet vir U dienso lank soos die son en die maan daar is,in hierdie geslag en in elke geslag daarna.

6. Die koning moet vir sy mense weessoos reën op grond waar die gras kort is,soos swaar reën wat die aarde natmaak.

7. Dit moet baie goed gaan met elkeen wat reg doen,daar moet vrede wees vir almalso lank soos die koning lewe,so lank soos die maan daar is.

8. Die koning moet regeer van die een seetot by die ander see,van die Eufraat-rivier tot by die verste plekkeop die aarde.

9. Die mense wat in die woestyn woon,moet voor die koning kom buig,sy vyande moet voor homop die grond kom lê.

10. Konings van die land Tarsis en van die eilandemoet vir hom presente bring,konings van die lande Skeba en Sebamoet aan hom belasting betaal.

11. Al die konings moet voor hom buig,al die volke moet vir hom werk.

12. Want die koning sal die arm mense redwat vra dat hy hulle moet help,die mense wat hulleself nie kan help nieen vir wie niemand wil help nie.

Psalms 72