Psalms 71:6-17 Bybel vir Almal (ABA)

6. Vandat ek gebore is,was ek seker dat U my sal help.U was by my vandat ek uitgekom hetuit my ma se liggaam.Ek wil aanhou om U te prys.

7. Daar is baie mense wat na my kyk,hulle sien dat dit U is wat my beskerm.

8. Ek kan nie ophou om U te prys nie,ek praat die hele dag oor U, die Koning.

9. Ek is nou oud, U moenie vir my weggooi nie.Ek is swak, U moenie vir my los nie.

10. Want my vyande praat oor my,die mense wat wil hê dat ek moet sterf,maak planne teen my.

11. Hulle sê: “God het hom gelos,julle moet hom jaag en hom gryp,want daar is niemand wat hom sal red nie.”

12. O God, U moenie ver van my wees nie,my God, U moet gou maak en my help.

13. U moet hierdie mense wat my beskuldig,laat verloor en laat sterf.Ander mense moet hulle spot en verneder,hierdie mense wat wil hêdat dit sleg moet gaan met my.

14. En ek?Ek sal altyd seker wees dat U my sal help,ek sal U meer en meer prys.

15. Ek sal die hele dag verteldat U reg gedoen het aan myen my gered het,ek weet nie hoeveel maal nie.

16. My Here, ek sal kom vertelvan die groot dinge wat U gedoen het.Here, ek sal sê dit is net Uwat reg gedoen het aan my.

17. O God, vandat ek jonk was,het U vir my geleerdat U wonderwerke doen,en ek praat nou nog daaroor.

Psalms 71